Wanneer laas het jy met jou hele lyf gelag?
Só dat dit trane in jou oë bring en jy jou maag moet vashou.
Behalwe dat dit groot pret is, kan ’n bietjie uitbundigheid jou gesondheid ’n aansienlike hupstoot gee en ’n groot verskil in jou liggaamlike en geestelike welstand maak.
